Crestrio

Remediërende Naskool 

‘n Middagstudie wat kindertjies ontwikkel en nie net “oppas” nie.

Ons help nie net met huiswerk nie, ons fokus daarop om ontwikkelingsagterstande & leerhindernisse te identifiseer en liefdevol te herstel. Ons stap ‘n pad van groei saam met elke leerder. Speeltyd na huiswerk word ingespan om prettige remediërende aktiwiteite aan te bied.

Wat presies maak ons nou uniek?

Onderrig sluit in

  • Individuele professionele aandag en ondersteuning
  • Hulp met huiswerk
  • Prettige remediërende aktiwiteite

Aktiwiteite gemik op:

  • Groot- en fynmotoriese vaardighede
  • Perseptuele vaardighede
  • Sensoriese ervarings
  • Lees & spel inoefening op verskillende wyses
  • Wiskundige begrippe
  • Sosiale en emosionele ontwikkeling

So wat beteken dit?

Elke kind word tydens huiswerk op sy/haar eie vlak ontmoet. Probleme met huiswerk word op verskeie metodes probeer tot daar ‘n manier gevind word wat vir die spesifieke kind werk. Vir die leerder sonder leerprobleme word uitdagings aangebied om verdere ontwikkeling aan te moedig.

Al die ontwikkelingsvaardighede wat links gelys is, is nodig om op standaard te wees om die kind in staat te stel om formeel te leer. 

Dit word versterk deur speelaktiwiteite wat hindernisbane, kleispeel, legkaarte bou,  praatjies oefen met storiebou , sosiale vaardighede oefen met emosie speletjies,  fantasiespel en vele meer aktiwiteite insluit.

Die drie takke van suksesvolle ontwikkeling

Fisies

Fisiese ontwikkeling begin reeds in die babastadium, maar sommige mylpale word soms oorgeslaan, wat tot leerprobleme lei. Dit is die fondasie van effektiewe leer. 

Daarom spandeer Crestrio daagliks tyd daaraan om te verseker dat alle leerders op standaard is teen die einde van graad 3.



Hierdie ontwikkeling is natuurlik die maatjies se gunsteling gevul met laggies, grappies en glimlaggies.

Emosioneel

Emosionele intelegensie op ‘n jong ouderdom is n besonderse vaardigheid wat ons hoog ag by Crestrio.

‘n Leerder kan in graad 1 akademies sterk begin omdat hy/sy intellektueel gestimuleer is, maar kan uitsak weens emosionele onvolwassenheid.

‘n Kind moet leer om in beheer van sy emosies te wees. Dit lei tot selfvertroue wat ‘n noodsaakleid is vir suksesvolle ontwikkeling.

Intelektueel

By Crestrio is ons baie opgewonde oor intelektuele ontwikkeling.

Dit is waar ons op kreatiewe maniere leerbegrippe behandel na afloop van huiswerk. Dit sluit lees, skrif, tale, wiskunde en spraak in.

Om begrip te versterk, laat ons die leerders dit visueel en fisies inoefen. ‘n Prettige voorbeeld is waar ons graad dries artikels by mekaar koop en verkoop met speelgeld om geld berekeninge onder die knie te kry.

Ons sien uit om van u te hoor!

Bekostigbaar en effektief

Een tot een remediërende by ‘n terapeut is briljant, maar finansieël kan dit ‘n uitdaging wees en soos enige iets moet mens dit gereeld doen om resultate te sien.

By Crestrio bied ons juis ‘n oplossing wat nie die bank breek nie en opwindende resultate lewer.


Ons daaglikse klein groepie remediërende aktiwiteite benadering gesuplimenteer met intensionele individuele aandag is ‘n wen resep!